Dené - 'n Kans vir 'n laaste Dans

Kan jy sien hoe sy vir jou kyk?
In 'n kamer vol mense
Is dit net jy en sy

Jy soos 'n kunswerk teen die muur vasgeplak
Hoop sy
Sy kry vanaand die laaste dans

Of ten minste net nog 'n kans
Om oor te buig
En jou op jou voorkop te soen

Maar jou blindheid
Jou oë sê
Meisie met die sproete onder haar oë
Moet dit nie aan jouself doen nie
Moet dit nie doen nie

Dis die avontuur van 'n hartebreek en
Partykeer word jy in die rug gesteek en
Partykeer gaan mense mekaar verneuk
Maar dit alles kom terug by jou

Dis net jy en sy
Wat hierdie oorlog baklei
Sal jy haar
Aan die anderkant kom kry
Dis net jy en sy
'N Evolusie van die hart
Dis 11:30 en dit raak nou laat

Kan jy sien hoe hy vir jou kyk?
In 'n kamer vol mense
Is dit net jy en hy

Jy soos lirieke in 'n song ingeskryf
Hoop hy
Hy kry vanaand die laaste dans

Of ten minste net nog 'n kans
Om jou hand te neem
En jou in die rondte te draai

Maar jou blindheid
Jou oë sê
Outjie met die vrae in sy blou oë
Moet dit nie aan jouself doen nie
Moet dit nie doen nie

Dis die avontuur van 'n hartebreek en
Partykeer word jy in die rug gesteek en
Partykeer gaan mense mekaar verneuk
Maar dit alles kom terug by jou

Dis net jy en hy
Wat hierdie oorlog baklei
Sal jy hom
Aan die anderkant kom kry
Dis net jy en hy
'N Evolusie van die hart
Dis 11:30 en dit raak nou laat

Dans, dans, dans
Dis ons heel laaste kans
Kan jy sien hoe dit voel
Hierdie oomblik in tyd bedoel

Dans, dans, dans
Dis ons heel laaste kans
Een tree vorentoe
En twee tree agtertoe

Kan jy sien hoe ek vir jou kyk?
In 'n kamer vol mense
Is dit net ek en jy

Jy soos 'n kunswerk teen die muur vasgeplak
Hoop ek
Ek kry vanaand die laaste dans

Of ten minste net nog 'n kans
Om oor te buig
En jou op jou voorkop te soen

Maar jou blindheid
Jou oë sê
Meisie met die sproete onder haar oë
Moet dit nie aan jouself doen nie...

Written by:
Dené

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Dené

View Profile