Kurt Darren - Af en Af

Oesters, champagne, kerse op die kantlyn
Vyf-en-twintig rose om die rooiwyn
Loftus Versfeld was nog nooit so lekker soos nou nie

Net jy en ek, die wagte by die hek
Ek moes nou wraggies elke liewe toutjie trek
Om hierdie aand te reël, maar niks is ooit te veel vir jou nie

En nou begin die aksie, liefie

Af, af, af en af gaan al die ligte in die nag, nag, nag
Sag speel daardie liedjie wat ons altwee laaik
Al ken ons nie die woorde nie, net oh oh oh eh oh, weh oh

Op, op, op en op gaan temperature in my kop, kop, kop
Moenie stop met al jou liefde
Dis 'n lekker, lekker, lang skop hom tussen deur die pale
Aand

Het jou nou verras toe jy jou oë sit op daai mooi ring in die glas
En as ek kyk na hoe jou oë oplig
Dan voel ek heel verlig in my hart

Jy soen my weer en as ek iets wil sê, soen jy my nog 'n keer
En fluister saggies, Ja, in my linkeroor
Dit maak my weer van vooraf verlief

Maar nou begin die aksie, liefie

Af, af, af en af gaan al die ligte in die nag, nag, nag
Sag speel daardie liedjie wat ons altwee laaik
Al ken ons nie die woorde nie, net oh oh oh eh oh, weh oh

Op, op, op en op gaan temperature in my kop, kop, kop
Moenie stop met al jou liefde
Dis 'n lekker, lekker, lang skop hom tussen deur die pale
Aand

Ek skiet die proppie van die vonkelwyn in die lig op
Ons klink 'n glasie en ek hou jou lippe dop
Dit voel so reg as ek jou styf teen my vashou (Vashou)

En nou begin die aksie liefie

Af, af, af en af gaan al die ligte in die nag, nag, nag
Sag speel daardie liedjie wat ons altwee laaik
Al ken ons nie die woorde nie, net oh oh oh eh oh, weh oh

Op, op, op en op gaan temperature in my kop, kop, kop
Moenie stop met al jou liefde
Dis 'n lekker, lekker, lang skop hom tussen deur die pale
Aand

Dis 'n lekker, lekker, lang skop hom tussen deur die pale
Aand

Written by:
JOHAN OBERHOLZER

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find