Karen Zoid - Afrikaners Is Plesierig

I'd like to introduce myself
Johanna Ertjiekollo
And this is the alternative
To was so saf en molo
Haai jy loop verby
Is mos dekadent
Peace brother
Give me five of suig jou peperment
Jy's cool
Jy spoel jou mond met Aquafresh
En leer mos al van hip-hop
In jou ma se crèche

Ja this is alternative but we're not primitive
Som het nog hare op hul lyf but we just like to live
In peace
Eksuus, mevrou, wat gaan nou aan?
Ek wil net weet of is die Internet dan nou te blaam
Oops! Jou naam, jou naam
I understand madame
Ek ken mevrou
Jy's een van daai's
Jy is so bietjie skaam

Afrikaners is plesierig
Dit kan julle glo
Hulle hou van partytjie
En dan maak hulle so
En dan maak hulle so
Babe is jy nog lief vir my?
Babe is jy nog lief vir my?
Babe is jy nog lief vir my?
Ek gaan iemand anders kry

Luister hier jou yuppie scum
Jou preconceived millennium man
Ek maak jou kwaad want ek weet ek kan
Gee my nog 'n vatlap government plan
En die bedelaars staan met sy uitsteek hand
En vra my vir net nog twee rand
Mense vrek oor die hele land
En die res lê op Clifton se strand
En die music is vinnig
Ek raak opgepsyche
If you don't like it, why don't you take a hike
Almal is anders
Sê maar wat jou pla
Hou net op om vrae te vra

Afrikaners is plesierig
Dit kan julle glo
Hulle hou van partytjies
En dan maak hulle so
En dan maak hulle so
Babe is jy nog lief vir my?
Babe is jy nog lief vir my?
Babe is jy nog lief vir my?
Ek gaan iemand anders vry

I'd like to now excuse myself
Hul sit honde op mense
Ek gaan liewer skape tel op Radiosondergrense
Ja, jy fix my cricket
En miskien my rugby
Bobbie Skinstad hoe's daai bene
Kyk nie Currie Cup nie
Jy's cool
Jy voel
'n Veer vir global warming

Betogers moet iets anders doen
Pamflette lees is boring
Alles is affirmative
Al is jou baas verwant
Kant so ook geen kant kom kies
So swat maar 'wyl jy kan
Die bank, die bank
Die bank vra te veel rente
Ek speel maar eerder pinball met my 50 sente
Ek het nie pms nie
Ek's net a natural bitch
I'd like to play my guitar but I don't have perfect pitch

Afrikaners is plesierig
Dit kan julle glo
Hulle hou van partytjie
En dan maak hulle so
En dan maak hulle so
Babe is jy nog lief vir my?
Babe is jy nog lief vir my?
Babe is jy nog lief vir my?
Ek gaan iemand anders vry

Written by:
KAREN LOUISE ZOID

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find

Karen Zoid

Karen Zoid

View Profile
Ultimate Zoid Ultimate Zoid