Andries Bezuidenhout - Bly 'n Rukkie Langer

Die oggendskemer is nou amper hier
Die gordyn ruik nog na laasnag se vuur
Stadig verskyn die deken se voue
Warm hier binne, buite die koue
In die herfsseisoen het 'n kilheid kom sit
Netnou skif die mis van grys na wit
Die melklorrie rammel en ver 'n trein
Altyd eers klank voor lig verskyn

Slaap 'n bietjie langer, wat maak dit saak
Wat almal daar buite vandag wil maak
Ek stuur 'n boodskap dat ek en jy
Net 'n bietjie langer hier binne wil bly
Bly 'n rukkie langer hier langs my

Netnou sal ek die luike oopmaak
Netnou stook ek koffie op die Aga
Netnou vir jou waskom kook ek water
Maar asseblief 'n bietjie later
Slaap nog 'n ruk, draai eers om
Nog 'n oomblik voor die son opkom
Later sal die denne die misgordyn terugtrek
Later sal die berge oor die landskap uitstrek

Slaap 'n bietjie langer, wat maak dit saak
Wat almal daar buite vandag wil maak
Ek stuur 'n boodskap dat ek en jy
Net 'n bietjie langer hier binne wil bly
Bly 'n rukkie langer hier langs my

Teen die gange se mure 'n familievergadering
Generasies se hoop en verwyt en verwarring
Teen opponerende mure hang hulle daar
In geraamde stiltes staar hul na mekaar
'N Kameralens se antieke visier
Het 'n oomblik se voorgee verewig teen 'n muur
Maar ons is anders, ons lyk nie so nie
So anders as almal wat eens hier gewoon het

Slaap 'n bietjie langer, wat maak dit saak
Wat almal daar buite vandag wil maak
Ek stuur 'n boodskap dat ek en jy
Net 'n bietjie langer hier binne wil bly
Bly 'n rukkie langer hier langs my

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile