Groep Twee - Daar's Niks Soos Ware Liefde

As sawens die liggies so glinster
Dan glo jy daar's liefde naby
Maar dis net verbeelding
En jy's weer alleen
Die oomblik van vreugde is heen

Daar's niks soos ware liefde
Niks so teer, so mooi, so rein
Soek jy waarheid in jou drome
Vind jy dalk net die liefde se skyn

Die strate se ligte brand helder
Die huise weerklink met musiek
Hoe blink is die trane
In oë vol smart?
Hoe koud en hoe leeg is die hart?

Daar's niks soos ware liefde
Niks so teer, so mooi, so rein
Soek jy waarheid in jou drome
Vind jy dalk net die liefde se skyn
Vind jy dalk net die liefde se skyn

Written by:
Heine Toerien, Udo Juergens, Udo juergen Bockelmann

Publisher:
Lyrics © BMG Rights Management

Lyrics powered by Lyric Find

Groep Twee

Groep Twee

View Profile