Marthie Nel Hauptfleisch - Die blinkvosperd

O, ek het 'n perd, 'n blink vosperd met 'n splinternuwe saal
En ek klim op my perd, op my blink vosperd, en ek kom om jou te haal
Want jy het gesê as ek jou wil hê dan moet ek jou kom haal
Op 'n mooi ryperd 'n blink vosperd met 'n spliternuwe saal
Op 'n mooi ryperd 'n blink vosperd met 'n spliternuwe saal

En nou't ek 'n nooi, 'n mooie nooi en een ding is maar klaar
As die oes eers verby, saal ek op en ry met my blink vosperd na haar
Om haar te vra om met my te trou, my vosperd blink mos mooi
Op 'n flink galop ry ek na haar, sy's my plaas se nuwe nooi
Op 'n flink galop ry ek na haar, sy's my plaas se nuwe nooi

En nou's ons getroud en het 'n span van twaalf groot seuns as kroos
En elkeen wil nou 'n vosperd hê om 'n nooientjie te gaan troos
Ag luister tog na goeie raad as jy 'n vosperd kry
Ry dan liewer rond op jou eie plaas waar jy nooientjies kan vermy
Ry dan liewer rond op jou eie plaas waar jy nooientjies kan vermy

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile
Sing Afrikaans! Sing Afrikaans!