Marthie Nel Hauptfleisch - Die Tandeborsel Liedjie

Borsel jy jou tande dat die borrels so staan?
Dan borsel ek my tande, wikkel die tandeborsel
Dat die borrels, borrels, borrels so staan
Ja dat die borrels, borrels so staan

Vlos jy jou tande dat die spoeg so spat?
Dan vlos ek my tande, wikkel die kielietoutjie
Dat die spoeg, spoeg so lekker spat
Ja dat die spoeg so lekker spat

Wikkel bo, wikkel onder
Al in die rondte dat die borrels so staan
Borsel na borsel gou, fluks, fluks, fluks
Daar is suiker en plaak wat in jou tande vas sit

En ons eet lekkergoed
En ons eet appels
Watter een is die gesondste?
Watter een is die gesondste?

En ons drink koeldrank
En ons drink melk
Watter een is die gesondste?
Watter een is die gesondste?

Maar voordat ons vanaand gaan slaap
Voordat ons gaan slaap

Borsel jy jou tande, borsel jy jou tande?
Wikkel met die tandeborsel dat die borrels so staan ja
Borsel jy jou tande, borsel jy jou tande?
Wikkel met die tandeborsel, dat die borrels so staan

Wikkel bo, wikkel onder in die rondte
Wikkel bo, wikkel onder in die rondte
Wikkel bo, wikkel onder in die rondte
Wikkel bo, wikkel onder in die rondte

Ons is gesond
Ons leef gesond
Ons eet gesond

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile