Andries Bezuidenhout - Ek Bring Vir Jou

Vir jou kan ek nie die wêreld beloof nie
Maar miskien eenvoudige woorde
Vir jou kan ek nie die maan beloof nie
Maar dalk 'n melodie
Ek het nie invloed nie, dalk 'n bietjie talent
Kampstoele, 'n koffiekan en 'n tweemenstent

Ek bring vir jou rustige dae
Ek bring vir jou vrede as jy slaap

Vir jou kan ek nie die aarde beloof nie
Maar ek ken 'n mooi pad na die Hel
Vir die kan ek nie eers die see beloof nie
Maar ek kan 'n paar stories vertel

Ek bring vir jou troos as jy huil
Ek bring vir jou 'n hoek om in te skuil
Ek bring vir jou 'n warm kombers
Ek bring vir jou 'n lamp en 'n kers

Ek het nie baie goed nie
Maar boeke wel in oorvloed
Musiek om na te luister
By 'n kampvuur se gloed
Ek ken 'n paar resepte
Vir brood of pannekoek
Maar vir meer as dit sal jy dalk
Maar elders moet gaan soek

Ek bring vir jou troos as jy huil
Ek bring vir jou 'n hoek om in te skuil
Ek bring vir jou 'n warm kombers
Ek bring vir jou 'n lamp en 'n kers

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile