Marthie Nel Hauptfleisch - Gebed Vir Sutherland

Gebed vir Sutherland (God van elemente)

Koor: Ag Here, Vandag bid ek
U wat alles sien en weet en voorsien
Ag Here, Vandag bid ek
Dat U sal voorsien

U maak alles weer groen
Laat reën weer op ‘n stofpad val
Laai donker wolke met water
En gee lewe.

Bring die reën
Sodat die blomme weer bakhand staan
En die poeierbossies weer kan lyf kry
Hoor hoe blêr die skapies en die bokkies

Ons is gereed
(Instr)

Here help my sien dat U ook in die droogte staan
Want U is die God van stof en grond
Maar U is ook die God van water en reën
U ‘s die God wat die wind en die lug beweeg
En die vuur en vonk aansteek

Ons is gereed

Vir die Rooidag
U oneindige liefde
U oneindige liefde kom sprei
Oor ons

Ons is gereed
Dat U oneindige liefde
U oneindlige liefde
Oor Sutherland kom reën.

Al wat ek weet is x3
U is Heer
Al wat ek weet is x3
U is Heer

Trek die land soos ‘n stofjas
Of dalk soos ‘n reënjas aan
(Instr)

Koor: Ag Here, Vandag bid ek
Want ek weet U is die Heer wat voorsien
Ag Here, Vandag bid ek
En ek vra dat U moet voorsien

Written by:
MARTHIE HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile