Marthie Nel Hauptfleisch - God van Tweede kanse

God van tweede kanse

Brug: ‘n vrou word ma, ‘n man word pa
Bring lewe in die stilte.
‘n man oorleef, ‘n vrou oorleef
En liefde bring mos tweede kanse.
V1: Die slaggate van Newcastle
Lei tot by ‘n God van tweede kanse
Van geliefdes wat weer huis toe kom
Wat jou eensaamheid laat wyk
Ons liefde kan hier nuut begin
Want ons almal weet, Dit is tog so:
Ons het ‘n God wat my en jou
Ons tweede kanse gun .

Koor: Dis ‘n Halleluja, Dis ‘n aria
Vergete akkoorde, Op jou kitaar
Maar ek onthou jou, Al is jy nou grys
Herken jou agter, jou Masker van tyd
En ek sing vir jou Jabez se gebed
Vir jou en elkeen wat ek hier liefhet.

V2: Die voetpaadjies is reeds toegegroei
Die bome ryk uit hemel toe
Tussen Montagque en Allen straat
Kon ‘n mens nog hier vriende maak.
Op die hoek wag ek vir jou soos altyd,
maar hier bly nou ander mense
Ek loop verby die tronk en hospitaal
Wonder of hul soms nog sing?...

V3:Deur mense wat een God liefhet
Hoor jy die vibrasie gebed
Dis Sonder taal of sonder kennis
Oor wie hierdie sieke is
Bring dit genesing In die ICU
na ‘n maandelange siekbed
Netjies in Newcastle uniform
Hoor ons die skoolkoor sing…

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile