Arno Carstens - Intensie

Dis my intensie om jou bo almal te verbaas
Jou boyfriend kla oor die goedjies wat hom kwaal
Vir my is jy suiwer en sorgeloos en ek is verbaas
Hoekom frateneer jy met so 'n dwaas?

En dis my doel om jou bo almal te verbaas
Ek is hier om jou bo almal te verbaas
Dis my intensie
Dis my intensie

Hy sal jou in die langtermyn afbreek en kraak
En ek sal stil sit en wag tot sy pronk vere vaag
En dan sal jy ware liefde by my kom soek
By my kampvuur

Dis my intensie om jou bo almal te verbaas
Ek wil jou bo, bo almal hier verbaas
Tot die tyd kom, tot jy my sien sal ek hier staan
Tot die tyd kom, tot jy my sien sal ek net hier staan

Al is ek knie diep in die siekte, in die kloue van die dood
Sal my gevoel vir jou nooit kwyn, ek sal nooit wegloop

Dis my intensie om jou bo almal te verbaas
Dis my intensie om jou bo almal te verbaas
Dis jou naam op my lippe douvoordag
Wat my glimlag bekroon
Dis jou naam op my lippe douvoordag
Wat ‘n glimlag bekroon

So swyg nie, glimlag en veë weg daai traan
Tot jy my sien sal ek hier staan

Written by:
ARNO CARSTENS, FRED DEN HARTOG

Publisher:
Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Lyrics powered by Lyric Find

Arno Carstens

Arno Carstens

View Profile