Karlien Van Jaarsveld - Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou

Wat het sy wat ek nie het?
En hoe het sy jou hart gewen?
Ek wens ek kon dit als verstaan
Want hoe neem ‘n mens afskeid as jy nie wil gaan?

En ek het jou steeds nodig
Het jy nie ook vir my?
Van wat het jy gaan wegvlug, toe jy iemand anders kry?

Jakkals trou met wolf se vrou
En jy breek my hart alweer maar ek onthou
Toe jy jou arms om my vou ek mis jou nou
En ek wens ek kon jou vashou
Maar jakkals trou met wolf se vrou

Ek weet sy’s nie vir jou bedoel
Hoe kon jy vir haar dit voel?
Ek praat jou taal
Ek volg jou spoor
Maar al skreeu ek my hart uit sal jy my nie hoor

Ek het jou steeds nodig
Het jy nie dalk vir my?
Het jy van my gaan wegvlug toe jy iemand anders kry?

Jakkals trou met wolf se vrou
En jy breek my hart alweer maar ek onthou
Toe jy jou arms om my vou ek mis jou nou
En ek wens ek kon jou vashou

Maar jakkals trou nie
Met my
Meer nie
Kyk hier kom die reën
Voel jy
Niks meer vir my nie?

Jakkals trou met wolf se vrou
En jy breek my hart alweer maar ek onthou
Toe jy jou arms om my vou ek mis jou nou
En ek wens ek kon jou vashou
Maar jakkals trou met wolf se vrou

En jy breek my hart alweer maar ek onthou
Toe jy jou arms om my vou ek mis jou nou
En ek wens ek kon jou vashou
Maar jakkals trou met wolf se vrou

Written by:
ADOLF VORSTER, JOHAN VORSTER

Publisher:
Lyrics © Warner Chappell Music, Inc.

Lyrics powered by Lyric Find

Karlien Van Jaarsveld

Karlien Van Jaarsveld

View Profile