Marthie Nel Hauptfleisch - Klippies Vir Kersfees

Klippies vir Kersfees
(I IV V Vi// Vi V IV V )
V1. Ek gooi klippies vir Kersfees
In 'n blikkie langs my bed
Klippies tel die slapies
Voor ek ouma en oupa by my het
Niggies en nefies
En engeltjies in die kerk
Die Kersspel by die laerskool
En almal wil Maria wees

Brug 1: Ek ruik nog die tinsel in Game
En ek hoor Bonney M sing drummerboy
ons sing SomerKersfees van Koos Doep
ons hang balle en liggies aan die boom

(instr klippies vir Kersfees)

V2. Ek sien ‘n boompie en iemand sneeu skoffel
Vriende wat oorkom met persente
Ek onthou ‘n Wiegie van hout, ‘n first love pop
pienk nagklere gegee deur ouma
En ek verlang na klippies vir Kersfees
En liefde om die boom
Die Krismis kinders kyk deur winkelglas
Toe Krismis kinders nog kinders was

Brug 2: Ek het jou daar gesoek langs die Suiderkruis
Jy lyk baie ver vanaand, ‘n ster
Ek het jou daar gekry: als wat ek nog onthou
Hier hang jy aan my lewensboom

V3. Ek verlang na klippies vir Kersfees
As oupa weer die die Storie lees
Van hoe Jesus ons Kersgeskenk
Vir hierdie Feesgety moet wees.
Ek gooi klippies vir Kersfees
Hang sterre aan my boom
Tel die slapies tot ek jou weer sien
Dis my grootste Kersfeesdroom

(Ek gooi klippies vir Kersfees in die blikkie langs my bed
Tel die slapies
Tot ek jou weer sien
Jy my grootste Kersgeskenk)

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile
Geseënde Kersfees Geseënde Kersfees