Marthie Nel Hauptfleisch - Kyk Tog Mooi Na Jouself My Ma

Mom/ Kyk tog mooi na jouself my Ma

Vers 1: Ek kan nie jou lewe vir jou ly nie
Kan nie jou drome vir jou bou nie
Verstaan nie die paaie wat jy loop nie.
Tog wens ek jou lewe bly gespaar
al is dit dan net nog ‘n jaar,
Want jy bly die anker wat my hou

Tussenwerpsel: O leef deur my
En sien my kinders groot word
En kyk tog mooi na jouself.
Jy’s geleen aan die wêreld met ‘n rede
Die skaakbord se grootste pion.

Brug: Soms wens ek ek kan jou vashou en in my lewe hou
Maar dan weet ek jy sal wil wegbreek
Jou lewe weereens gee
Vir almal: jou lewe gee
Kyk tog mooi na jouself, my Ma

Vers 2: Ek kan nie sê links of regs is reg nie
Ek kan nie die heelpad saam kom loop nie
Want o hierdie langpad kom van ver
Maar ons het dit saamgeloop, my Ma
daars hierdie naelstring wat ons dra
Oor alles, deur wat ver is, liefde dra…


Nog ‘n tussenwerpsel! :My liefde dra jou hoog as jy soms twyfel aan die lig
My liefde dra jou hoog om jou te troos
Te troos as jy bang is.
Want o my liefde sal jou dra
Kyk tog mooi na jouself, my Ma

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile