Andries Bezuidenhout - Lukas Impossible

Lukas van Johannesburg doen heelflips by Boogaloo's
Urban X en Revolution, nose blunt slides in Hillbrow
Tyd staan stil met ʼn backflip, alles stol met ʼn ollie impossible
'N spine transfer se big sky-oomblik hou jou bo die aarde vas

Wind, water, grond en vuur - alles lyk soms helder hier
As alles skielik stilstaan

Dae doen pop shuv-its, ure kan ook five-o grind
Die no-slides van sekondes laat almanakke stilstaan
Kan Shaka dan ʼn heelflip doen, Paul Kruger ʼn Smith grind?
Kan Cecil Rhodes ʼn tail-slide doen tot by die Suezkanaal?

Kyk vorentoe, kyk terug, of weg - alles lyk soms minder sleg
As alles skielik stilstaan

Lukas lees soms boeke oor die geskiedenis se geskiedenis
Oor mummies en oor piramides, wat waar was voor ons daar was
Kan Ramses dan ʼn kickflip doen, Toetankhamon ʼn feeble grind?
Kan Cleopatra ʼn drop-in maak van Kaïro tot die Kaap?

Wind, water, grond en vuur - alles lyk soms helder hier
As alles skielik stilstaan
Kyk vorentoe, kyk terug, of weg - alles lyk soms minder sleg
As alles skielik stilstaan

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile