Andries Bezuidenhout - Maanspieder

Om die maan te soek is 'n voltydse beroep
Hoe sy die see laat sloep en vloed
Die aankoms en groet van haar sekel gloed
Haar boog te karteer, hoe sy slinger te leer
Haar opstaan en slaap se ritme te probeer
Die koue kant van haar rug te keer

Wat weet 'n klip wat om die aarde dryf
Wat maak kraters en maanstof ons wys
Nou nog helder, dan weer flouer
Die stomheid van 'n koue skouer

Soms skuil die maan agter ons planeet
Vir 'n donker nag, as jy wil weet
Soms word 'n woestynpad in die nag verlig
Of die fosfor van branders word uitgelig
Maanlig is sag, sal die vel nie skroei nie
En met meer as dit sal sy haar nie vermoei nie

Wat weet 'n klip wat om die aarde dryf
Wat maak kraters en maanstof ons wys
Nou nog helder, dan weer flouer
Die stomheid van 'n koue skouer

Inferno refleksie, vlamme weerkaats
Koue en hitte, nog altyd maats
Wolke soms 'n sluier, wolke soms 'n raam
Donker en lig loop al lankal saam

Wat weet 'n klip wat om die aarde dryf
Wat maak kraters en maanstof ons wys
Nou nog helder, dan weer flouer
Die stomheid van 'n koue skouer

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile