Karen Zoid - Meisie Wat Haar Potlood Kou

Meisie wat haar potlood kou
Dink bietjie te veel
Dan snipper die verf af
En gaan sit in haar keel
Dit onderbreek haar dagdroom
Sy vergeet wat sy wou sê
Maar die meisie wat haar potlood kou
Weet wat sy wil hê

As jou pad dalk sou kruis
Met die meisie wat haar potlood kou
Dan's daar een ding wat jy moet weet
Dan's daar een ding wat jy moet onthou
Sy ken jou dalk
Alreeds

Die meisie wat haar potlood kou
Sê vir my sy huil nie
Hoekom in trane?
My oë is klaar blou
Ek huil sommer oor enige iets
En soms dink ek aan jou

As jou pad dalk sou kruis
Met die meisie wat haar potlood kou
Dan's daar een ding wat jy moet weet
Dan's daar een ding wat jy moet onthou
Sy ken jou dalk
Alreeds

Vyf paintings
Het jy geverf
Jeff Buckley Halleluja
Tot jy vir my 'n pel uitkerf

As jou pad dalk sou kruis
Met die meisie wat haar potlood kou
Dan's daar een ding wat jy moet weet
Dan's daar een ding wat jy moet onthou

As jou pad dalk sou kruis
Met die meisie wat haar potlood kou
Dan's daar een ding wat jy moet weet
Dan's daar een ding wat jy moet onthou

Written by:
KAREN LOUISE ZOID

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find