Marthie Nel Hauptfleisch - Middernagmense

Middernagmense

V1. Ek het gedroom van jou
Jy het diep woorde

Diep kyke in die nag
Dis magic wat jy maak, jy toor
Ek het gehoor van jou
Van hoe jy lief was
en skielik toe alleen kom raak
En ek wonder of jou magic opraak?

Koor: Middernagmense
Maak kringe op die water
Dis nie trane nie
Net sterre wat verskiet
En hier voor my kom land het
Middernagmense
Raak die water weer seepglad
Sien ek jou beeld-dis reg hier voor my
Jy speel met die maan,
ryg jou woordkrale in
saam met sterre wat verskiet

V2. Hoe het jy my gevind?
Hier in my stiltes
As ek ver oor die woude uitkyk
Verder as (die) berge opkyk
Jy weet ek hou van jou
Verloor ons asem
Oor die woorde wat ons saamtoor
Soos die maan Misterieus in die Karoo

Brug/koda: Ek soek die middernagman wat kan toor
Ek soek die middernagman wat kan toor./
Kan jy hom hoor?/Ek kan hom hoor
Blaas jou asem oor my lyf
Los jou woorde in my oor

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile