Marthie Nel Hauptfleisch - My Huis Is Ek

My huis is ek

Resitatief: Die aarde is ons woning nie: Kyk maar om jou rond
Dis huise gemaak van bome die En onder ons is grond

Koor: Ek is my huis, my huis is ek
Hoe kan ek ooit verdwaal
as ek- hier- is?
My huis, My huis is ek

Vers1: Ek’s Gebore in Welkom
Maak my groot in Newcastle
Skiet my wortels in Stellenbosch
Toe kom ‘n reis oor die see

Vers 2: So trek my na Engeland
Trek my na Kanada
Trek my terug Kaap toe
Ek was al daar.

Koor:

Vers 3: En ek word tog ouer
en my hare bly lank - kort - lank
word vetter en maerder
Jaar na jaar.
Vers 4: Maar dis maar net detail
Dis hoe ek my leer ken
Verander die muurpapier
En kyk wat jy sien.

Koor:

Brug: O koop vir jou ‘n vliegtuigkaartjie en kom kuier as jy kan
Want jy is altyd welkom hier ons hou braaivleis in die son
O koop vir jou ‘n vliegtuigkaartjie my huis staan altyd oop
Ons kan kaas en wyn gaan proe- op die Lanzerac se stoep.

Koor: Ek is my huis, my huis is ek
Hoe kan ek ooit verdwaal
as ek- hier- is?
My huis, My huis is ek!

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile