Andries Bezuidenhout - Om Burgersdorp Te Skilder

Selfs die landskap hier lyk streng en droog
Stapelwolke afsydig, hang yl en hoog
Calvinistiese kerk die spilpunt waarom
Dorpshuis, bankkluis en kasregister saamdrom

Voel jy, voel jy, voel jy hoe dwaal Piet Klopper se gees
Wonder jy, wonder jy, wonder jy
Wat die engel uit haar marmerboek lees

Soms word iets staangemaak wat beur na bo
Apollo-lig of kerktoring wat uitkyk oor die Karoo
Als ander hier rond lê horisontaal
Die teerpad, die koppies, selfs 'n telefoonpaal

Voel jy, voel jy, voel jy hoe dwaal Piet Klopper se gees
Wonder jy, wonder jy, wonder jy
Wat die engel uit haar marmerboek lees

Staandak van sink het brakdak vervang
Klinkersteenwinkels wat na klante verlang
Sommige stop en maak 'n skildery
Maar die meeste ander mense ry net verby

Voel jy, voel jy, voel jy hoe dwaal Piet Klopper se gees
Wonder jy, wonder jy, wonder jy
Wat die engel uit haar marmerboek lees

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile