Andries Bezuidenhout - Ondien Se Wiegelied

Nou laat die sand die son se laaste hitte vry
Bring jou beker koffie en kom sit hier langs my

Van anderkant die duine lewer golwe kommentaar
Met fosforstemme fluister hulle: Toemaar, toemaar

Hier's ʼn velkaros, hardekool, dennebolle en ysterhout
Want netnou is dit donker en die nagwind hier is koud

Van anderkant die duine lewer golwe kommentaar
Met fosforstemme fluister hulle: Toemaar, toemaar

Alles is nou ver van hier, net ons, die nag, die see, ʼn vuur
En mossels met fyn arikruik en die stroopsoet van ʼn vyeblik

Van anderkant die duine lewer golwe kommentaar
Met fosforstemme fluister hulle: Toemaar, toemaar

Kom terug na die oorsprong, kom terug, kom terug
Ons abba jou saggies, ons dra jou op ons rug

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile