Marthie Nel Hauptfleisch - Parys Parys

Parys
cmin
Resitatief: Jy kan nie Parys halfpad ervaar nie
Dis alles of niks: sy raak aan jou,
Met outydse sjarme, Met water en goud
Haar stof aan jou voete, sy raak aan jou
sy raak aan jou

Koor: O Parys, Parys
Sy hou jou aan haar voete
Parys, Parys
Verlei jou met haar stem
Sy lok jou deur haar strate
Met die wulpse swaai van ‘n trekklavier
Nooi liggies in haar oë
Fonteine in haar lag

Haar Chamsalesee
Vol bont bamboes , borrelende restaurante
Klop tot by die ark de triomf
Verby cobble musikante
Oor golwende groen gras
Het liefde hier weleens ontkiem
Oor die water van die Sein
Tot by die Eiffel se mensetuin
Het liefde hier weleens ontkiem?

Koor

Van Mont Matre sien jy die Sein
Met sy duisende dwalende dissipels , trappies
Kuns wat oor ju voete val
Tot in die dieper heiligdom
Verlig die skadu’s met ‘n kerseson
Haar brandglasvensters is haar oë
Wat ver oor die landskap kyk
Haar polsslag vol en ryk
Voel jy haar alomteenwoordigheid…

Resitatief

Koor

Koda: Nooi liggies in haar oë
Fonteine in haar lag

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile