Gerhard Steyn - Paul Roos

Negentien-nul-ses die oorlog’s verby
Ons verruil ons gewere vir ‘n donkergroen trui
Op die hawe in Kaapstad loop die reuse verby
Boere en khakis niks kan ons skei

In die middel van ‘n sirkel staan ‘n man met ‘n snor
Hy sê boys are you ready is julle reg vir wat kom?
Hy’s kaptein hy’s gekies deur sy broers deur sy span
Hy sê wie is ons?
Wie is ons?

Meer as ‘n span
Meer as een man
Meer as ‘n spel
Waar alles tel
Ons bou ‘n brug want dis ons roeping
Springbokke

Daai naam was gekies om ‘n land te vereer
Om te bou aan ‘n toekoms al was dit hoe seer
Net ‘n mens kan vergewe en leef en laat lewe
Wie is ons?
Wie is ons?

Meer as ‘n span
Meer as een man
Meer as ‘n spel
Waar alles tel
Ons bou ‘n brug want dis ons roeping
Springbokke

Daar was weer hoop
‘n Smag na vrede
Ons het geleer
Uit ons verlede
Wie is ons?
Wie is ons?
Springbokke

(En so op ‘n skip in die middel van die oseaan besluit Paul Roos en sy span op ‘n naam, Springbokke. Die toer het baie wonde tussen boer en brit herstel maar pyn bly pyn en trots bly trots)

(Die eerste Springbokspan het sewe-en-twintig uit hul nege-en-twintig wedstryde oorseë gewen. Engeland sou die Springbokke eers agt-en-sestig jaar later weer kon oorwin)

Meer as ‘n span
Meer as een man
Meer as ‘n spel
Waar alles tel
Ons bou ‘n brug want dis ons roeping
Springbokke

Daar was weer hoop
‘n Smag na vrede
Ons het geleer
Uit ons verlede
Wie is ons?
Wie is ons?
Springbokke

Written by:
CHRISTOPH KOTZE, JOHAN VORSTER, SEAN ELSE

Publisher:
Lyrics © Warner Chappell Music, Inc.

Lyrics powered by Lyric Find

Gerhard Steyn

Gerhard Steyn

View Profile