Marthie Nel Hauptfleisch - Pikaninie wiegeliedjie

Slaap pikaninie ons vee’s in die kraal, almal ons skapies en bokkies
Môre vroeg kry jy van soetpap ‘n maal en ‘n paar spierwitte sokkies
Doe-doe, doe-doe
Doe-doe, doe-doe

Slaap pikaninie die ou bobbejaan ken mos vir jou vantevore
As jy nie slaap kan jy seker wees man, byt hy jou neus af en ore
Doe-doe, doe-doe
Doe-doe, doe-doe

Pappie kom môre terug van die dam, ry op sy vet ou kapater
As hy dan hoor hoe jy soet was, my lam, hoe sal jou pappie dan skater
Doe-doe, doe-doe
Doe-doe, doe-doe

Kruip nou maar diep in jou velkombers in, mammie bak lekker vars tertjies
As jy nie slaap kry Ou Mombak sy sin, slaat Pikanien op sy stertjies
Doe-doe, doe-doe
Doe-doe, doe-doe

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile