Marthie Nel Hauptfleisch - Sakaboela (Featuring Johan Falck, Nell Hauptfleisch & Jean Hauptfleisch)

Sakaboela
Koor: Daar is ‘n man, is ‘n man wat die kinders vang.
Hy is die man wat lekker lag!
Hy is die man, is die man: maak die kinders bang
Hy is die man wat vir jou wag!
“Moenie aan my vat nie Oem-dlwen-goe-lê!
Want jy is erger as ‘n Tsotsi.
Jy is nie my maatjie nie
Vir jou vat ek polisie toe, Vir jou vat ek polisie toe”

V1: O ja hy loop rond,
Soek dogtertjies met poniesterte,
Soek dogtertjies met strikkies in hul hare.
Maak sy agtersak vol,
linte en goue lokke,
Deel lekkers uit op straathoeke,
Gee spookasem en hy gee peppermente.

V2: Miskien herken jy hom,
as ‘n vreemde of bekende oom,
Miskien is hy ‘n Pa wat jy vertrou het?
Sê: “Ek’s jou beste vriend!”,
Belowe roomys en goue ringe,
Jok stories wat soos waarheid klink,
Maak meisietjies ‘n mamma met ‘n baba.

V3: Hy kruip weg in skaduwees
Hy fluister jy moet skaam wees,
Hy fluister jy moet stilbly, jy’s ‘n kind
Of hy gryp jou aan die keel,
Wat jou laat huil en skrikmaak,
Hy hardloop weg- los jou alleen ,
Dis jou probleem: jou skande, jou geheime.

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile
Ek Is Spesiaal Ek Is Spesiaal