Andries Bezuidenhout - Seisoene Verander Weer

Vanoggend weer gevoel die seisoen het gedraai
Ander kleur in die lug, 'n ander wind wat waai
Teen die berg het die son nou 'n killer kleur
Die gras is brosser, daar's 'n kug in die weer

Soms dink ek aan seisoene, soms dink ek aan jou
Soms dink ek aan planete wat aanhou en aanhou

Seisoene gaan oor afstand, afstand van die son
Soms ver, soms naby, as ons maar net kon
Kies watter dag of uit watter bron
Die tye draai of verandering kan kom

Soms dink ek aan seisoene, soms dink ek aan jou
Soms dink ek aan planete wat aanhou en aanhou

Moeg vir seisoene, moeg vir die weer
Gee my grys in die lug wat verandering kan keer

Soms dink ek aan seisoene, soms dink ek aan jou
Soms dink ek aan planete wat aanhou en aanhou
Draai om sonne, draai om sterre
Draai en draai vir altyd, draai vir nou

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile