Laurika Rauch - Slang In Die Gras [Single]

Jy, jy kyk nie meer vir my soos van tevore, jy kyk verby
Jy ruik nie meer soos Chanel No. 5 nie, is dit klaar
Is dit klaar

Jy, jy praat nie meer so mooi voor ons gaan slaap nie, jy praat verby
Jy lees alweer 'n boek maar dis 'n hoofstuk sonder my
Sonder my

Daar's 'n slang in die gras hy laat dink my aan jou want jy pik op my
Soos 'n vis uit die water voor my oë het jy weggegly
Daar's 'n wolk voor die volmaan en hy hang oor jou en my
En dit reën, reën, reën maar dis verby

Jy, jy fluister nie my naam as jy hier langs my lê en droom nie
Jy of ek verstaan hoekom ons paaie nie meer kruis nie
Nie meer kruis nie

Jy, jy hoef nie meer te wag as jy wil gaan of weer probeer
Jy kan maar aanbeweeg so sonder my, ek is okay
Ek's okay

Daar's 'n slang in die gras hy laat dink my aan jou want jy pik op my
Soos 'n vis uit die water voor my oë het jy weggegly
Daar's 'n wolk voor die volmaan en hy hang oor jou en my
En dit reën, reën ,reën op jou en my
En dit reën, reën, reën maar dis verby

En dit reën, reën, reën maar dis verby
En dit reën, reën, reën maar ek's okay

Written by:
MARC BRENDON, KURT DARREN, DON KELLY, JOHAN OBERHOLZER

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find

Laurika Rauch

Laurika Rauch

View Profile