Marthie Nel Hauptfleisch - Stuur vir my jou liefde

Stuur vir my jou liefde

V1. Jy stuur vir my jou liefde
Met n epos en n soen
Jy gee vir my jou aandag
En jy wil weet wat ek doen
Maar as alles ver is
En ek wonder wat jy maak
Kan liefde oor kontinente
Net n geel foto raak.

Koor: O styg op en klim in
Jys miniatuur klein
hier op my foon
Wanneer sien ek jou weer
lewensgroot
En ek nooi jou: kom in

Brug: Daars n trein wat nie meer loop nie
Na n stasie na wie weet waar
Agter glas en gras en berge
Sal my liefde kom verjaar

V2. Stuur vir my jou liefde
met ‘n posseël natgelek
In n koevert vol woorde
Oopgetrek en volgestop.
En handgeskryf die letters
Van my naam en adres
Stuur vir my jou soene
Voor die wind dit wegblaas

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile