Andries Bezuidenhout - Vertrek

Wie wil in turfgrond wortelskiet
Wie wil nou in boorde rank?
Wie wil deur ʼn snoeiskêr getem word
As vrugbare plant?

My vaste adres was nog altyd
Poste Restante gewees
En die oomblik as ek weer vertrek
Sal ek tyd hê om jou briewe te lees

ʼn Landskap word nog altyd die mooiste
In ʼn truspieël geraam
En die een waarvan jy al vergeet
Is die mees onthoubare pleknaam

My vaste adres was nog altyd
Poste Restante gewees
En die oomblik as ek weer vertrek
Sal ek tyd hê om jou briewe te lees

Ek's waaisand, ek's rook, ek's ʼn kiem in die lug
Ek's wiele, ek's vlerke, ek's die wind in jou gesig
Motorhawe, lughawe, hawe met ʼn kaai
My gunstelinghawe se naam is Koebaai

My vaste adres was nog altyd
Poste Restante gewees
En die oomblik as ek weer vertrek
Sal ek tyd hê om jou briewe te lees

ʼn Huis het vertrekke, ʼn gesig kan vertrek
Van liefde of haat of bedrog
Die enigste vertrek waarvan ek wil weet
Is die een wat op afskeid volg

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile