Marthie Nel Hauptfleisch - Waar het ek jou verloor?

Waar het ek jou verloor?

Waar het ek jou verloor?
Was dit in die skadus van my pad
Of was dit net in drome
Dat ons selfs vriende was
Of het ek my verbeel

Die skadu’s rondom my kruip nader
En ek wonder hoe hul weet
Dis donker in my
Nag word ‘n vriend in hierdie werklikheid
‘n spinnekopweb wat jou gou toespin

Winterwind is koud
Alleen, alleen
Ek is bang vir alleen, alleen
Hoor die klanke
Hoor die stilte
Verdwyn in die nag
Ek is bang vir stilte ook

Want dit draai en draai in my kop
En ek is bang dat as alles gaan lê
die stilte my herinner aan ‘n eindelose nag
En wie wil onthou, wie wil onthou?

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile